SuedafrikaTour Südafrika, das schönste Ende der Welt
 
Hauptseite Allgemeines Regionen Kapstadt Nationalparks Unterkunft
Sitemap Sonstiges Südafrika Forum Südafrika News * Simbabwe
 
Südafrika Tour - Der große private Online Reiseführer über Südafrika

 

Die Nationalhymnen Südafrikas;
Die Stem van Suid Afrika

  • Die Stem (Sound 8,3 kB)

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa -
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika

In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf -
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis -
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe - ja, ons kom Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou -
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Die offizielle Version der neuen Nationalhymne wurde 1996 gekürzte und aus Nkosi, sikelel' iAfrika aus den Sprachen Xhosa und Sesotho kombiniert neu geschrieben.

 

 

Zum Seitenbeginn

  Zur Hauptseite
     
  © 1999 - 2009 by www.suedafrikatour.de
Alle Rechte vorbehalten
Autor: Thoralf Teubner
Datenschutz * Feedback * Impressum * Nutzungsbedingungen * Werbung

Unsere Partnerseiten
www.kapstadt-tour.de * www.kapstadt-news.de